OppiKoppi

Ek weet nie waar om te begin nie. Die lang status …

Ek weet nie waar om te begin nie. Die lang status updates / posts is nie my ding nie, maar….
Ek wil ‘n moerse groot dankie sê vir elke Kreef Hotel customer wat hierdie jaar by Oppikoppi by ons gebly het. Ons crew was seer, moeg, gatvol en stukkend. Elke keer as iemand dankie sê of vir hulle vertel hoe ‘n amazing experience dit vir julle was het die smiles op hulle gesiggies kom sit. Dan werk hulle weer soos masjiene sonder om eers twee keer daaroor te dink. Ek moes van hulle later tent toe jaag om te gaan slaap want môre het daar weer ‘n 12-uur skof gewag. Die standaard antwoord was: “Mam, I’m just busy helping this customer with luggage / tent / fire / cleaning”. Ek waardeer elke dankie-email wat julle stuur en wil huil as ek dink wat alles moes gebeur het om die monster by Oppikoppi op te sit. Ek is ‘n klein druppeltjie in hierdie moerse groot emmer. Die regte heroes van Kreef Hotel is die mense wat as een span hierdie ding kan deurtrek elke jaar. Tania